Trots op die Boere, sê KK

KENNETH KAUNDA 1924-2021

Trots op die Boere, sê KK

Oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië is in Junie 2021 in die ouderdom van 97 oorlede. Dit het MAX DU PREEZ laat onthou van sy ongewone brekfis met KK in die presidensiële woning in Lusaka, wat 'n preek oor gesonde kos en 'n geskiedenisles ingesluit het.

EK het in 1983 Lusaka toe gevlieg vir 'n onderhoud met die leier van Swapo, Sam Nujoma, wat by State House, die presidensiële woning waar Nujoma altyd tuisgegaan het, gedoen sou word.

Kaunda se perssekretaris was 'n baie vriendelike en behulpsame man en was selfs nog vriendeliker toe hy verneem dat ek 'n Afrikaner is. Hy het verduidelik dat Nujoma se vliegtuig weens tegniese probleme nog in Luanda was en dat dit onseker was wanneer hy sou kon vlieg.

Ek het my probleem verduidelik: Ek was op die laaste vlug daardie middag terugbespreek en het nie geld saamgebring vir 'n hotelkamer nie. Ek sou maar moes terug en later eendag weer probeer om 'n afspraak te kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.