Ons is (nog) nie in die hel nie: ‘In ’n land sonder voëls’ en...

DISTOPIE

Ons is (nog) nie in die hel nie: ‘In ’n land sonder voëls’ en ‘Wonderboom’

Ons lees distopiese romans omdat ons op enigiets anders as ons eie desperate posisie wil fikseer, skryf DEBORAH STEINMAIR na aanleiding van Harry Kalmer se nuwe boek, In ’n land sonder voëls. Dit voer haar terug na Wonderboom – Lien Botha se “gotiese road trip” wat soos ’n nagmerrie by jou bly spook – en sy wonder of ons wêreld werklik so baie van die fiktiewes in boeke verskil.

WAAROM is lesers en kykers so lief vir apokaliptiese en distopiese milieus – stories oor die tydperk ná ’n kernoorlog of katastrofiese gebeurtenis, of oor ’n verbeelde toekomstige samelewing waar geweldige lyding en ongeregtigheid heers? Dink Mad Max, The Hunger Games en alles tussenin, dink Margaret Atwood se The Handmaid’s Tale en Oryx and Crake.

Utopie het nog nooit bestaan nie, behalwe as ’n mens glo in Adam en Eva vóór die appel en slang. Ons leef met ’n helse lot pyn in hierdie land, ja, en so ook mense oor die aardbol heen. Ons lewe is net-net buite beheer en ons ontvlug met voorskrifmedikasie, kos, drank, TV-reekse en katastrofeliteratuur. In Don DeLillo se wonderlike roman White Noise het die gesin graag saans op TV gekyk na natuurrampe, ongelukke en oorloë – hoe erger hoe beter – solank dit aan die uithoeke van die aarde gebeur, ver van waar hulle is. Toe sinkgate oornag huise in Westdene ingesluk het, het ’n vriendin se oupa vir haar pa gevra: “My kindjie, is ons ver genoeg?”

Daar was al ’n hele paar distopiese romans in Afrikaans: P.J. Haasbroek se Oemkontoe van die nasie, Koos Kombuis se Hotel Atlantis en Raka die roman, Jaco Botha se Miskruier, Eben Venter se Horrelpoot, Louis Krüger se Wederkoms, Lien Botha se Wonderboom en Deon Meyer se Koors, om maar ’n paar te noem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.