Chicago bring sy blink kant boontoe

KYK WEER

Chicago bring sy blink kant boontoe

Die stad raak flink ontslae van sy reputasie as Amerika se moordhoofstad. In die plek daarvan is 'n laboratorium vir argitektoniese innovasie – of, soos MICHÈLE MEYER dit stel, Jakobregop op die prairie.

PLAT, uitgestrek, aanmekaargelap. Blokke koringgeel, vroegsomergroen en lappe rooi grond waar stofduiwels kotteljons. Enorm rol die prairie aan en aan onder die vliegtuigvenster. Dis regtig soos ek gedink het dit lyk sedert laerskooldae se vasgenael sit voor elke episode van Little House on the Prairie. Daar is nou net veel meer as net die destydse Ingallse se klein huisie waar bewerkers van die lappe geel, groen en roes nou kos kweek vir die magtigste nasie op die planeet.

Doer onder kaats ’n blink flets in die plat landskap. Nee, dis nie ’n lugspieëling nie, maar die besliste blink van groot water waarlangs ’n stad uitgeskiet lê soos dobbelstene op ’n speeltafel. Die skaal van aaneenlopende ooptes teen die Jakobregop van ’n stad smokkel met jou kop. ’n Bietjie soos ’n blou ruimtestasie op die vaal kant van ’n planeet lê Chicago tussen die prairie-vlaktes en die Michigan-meer. Die Chicago-rivier lyk groen in die gewoel waar dit aan die voete van ikoniese geboue wat weerskante ingeryg sit, stil na die meer streep.

Platgevee deur ’n ramp..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.