Franse musiekfees: Dié faites is ʼn fête, dis ʼn feit

KÔ LAT ONS SING (IN FRANS)

Franse musiekfees: Dié faites is ʼn fête, dis ʼn feit

Elke jaar tydens die somersonstilstand in Europa, amper 40 jaar al, vier die ganse Frankryk fees. Daar’s oral musiekoptredes van allerhande soorte en variasies, en dis gratis, vertel MARITA VAN DER VYVER.

LAAS week op 21 Junie, die langste dag en die kortste nag van die jaar in Europa, het die ganse Frankryk weer gedreun van musiek. Dit gebeur al amper 40 jaar lank op hierdie datum, sedert die destydse gewilde minister van kultuur Jack Lang in 1982 ’n musiekfees aangekondig het op ’n skaal wat niemand voorheen nog kon voorstel nie.

Die idee is dat almal in die land wat ’n instrument kan bespeel of ’n noot kan sing (en selfs dié wat nie kan nie) aangemoedig word om musiek te maak, buite op straat, in parke en op pleine en voor kroeë en kafees. Die enigste voorwaarde is dat alle musiekvertonings gratis moet wees. Of jy nou ’n tiener met ’n lang kuif en ’n kitaar in ’n garage band op die platteland is, of ’n middeljarige professionele violis in ’n groot orkes in Parys, op die aand van 21 Junie offer jy jou talente op die altaar van musiek sodat die publiek nie hoef te betaal om na jou te luister nie.

Musiekdoepa..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.