Judith Mason: ’n Diep dog verblindende donkerte

KUNSMEMOIR

Judith Mason: ’n Diep dog verblindende donkerte

PETRA MASON, ’n kultuurhistorikus en saamsteller van die Judith Mason-argief wat dié week die Mason-uitstalling by die Innibos-kunsfees geopen het, skryf oor haar vrydenkende, vrygewige, verruklike ma.

DIT was nie maklik om Judith Mason se dogters te wees nie: Sy het almal wat sy ontmoet onwetend betower, ons vriende en kêrels verruk met haar vlymskerp insigte, skerp humor (dikwels ten koste van haarself), meesterlike beheersing van die Engelse taal, en tuisgebakte, botterryke ontbytskons. Net wanneer hulle smoorverlief was, sou sy wonder hoekom hulle haar “nie verdomp alleen laat om te werk nie!”. Werk was mos haar eerste liefde. Diere kort op die hakke. Vir my en Tamar het sy haar “hart se dogters” genoem.

Sy was een van min mense wat dinge helder kon sien te midde van al die gekke geraas. Sy was versot op die nuus en het die internet met vreugde omarm. Nadat sy ons verlaat het, het ons ontdek dat sy nie net digitale boeke by die dosyne afgelaai het nie, maar ook uit haar karige inkomste talle onafhanklike blogs en nuusorganisasies pligsgetrou ondersteun het.

Ek het swaar geleun op haar vermoë om die nuussiklus te navigeer, en ons was saam verontwaardig, geamuseerd en mettertyd verbysterd deur die wêreldgebeure. Judith het haarself beskou as iemand met ’n swak vir gesaghebbende uitsprake en sy was self goed toegerus om sulke uitsprake te maak. Die welsprekende Hayden Proud, kurator van historiese versamelings by die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery, het haar beskryf as iemand wat “nooit nuwe denkwyses onkrities aanvaar of aan grille toegee nie”, met ’n byna “ketterse oogpunt”. Nonkonformis was sy wel, maar beslis nie ’n ongelowige nie. Ons het tussen talle godhede en gode-opsies in ons beknopte kothuisie grootgeword – wat ’n bepalende invloed op my lewe gehad het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.