Class Action: die baklei vir brood en die najaag van ’n groter lewe

KLAP JOU OOGKLAPPE AF

Class Action: die baklei vir brood en die najaag van ’n groter lewe

Die Kaapse Vlakte se ander wêreld word vir DEBORAH STEINMAIR nader geruk deur gedigte en boeke – soos Charles Abrahams, vegter vir verskoppelinge, se memoires Class Action: In pursuit of a larger life.

EK wás al ’n Kapenaar, maar as jy in die skadu van Tafelberg woon, is die Kaapse Vlakte ver – ’n ander wêreld. Al wat ek geken het, was Klopse en vrolike Cape Coloured musicals in die Kunstekaap. Soms sien jy op die nuus ’n kind het in bendekruisvuur gesterf, in sy eie huis. Maar boeke, boeke ruk jou nader en klap jou oogklappe af.

Die eerste mens wat dit vir my ondraaglik, hartverskeurend naby gebring het, was Ronelda S. Kamfer in haar bundel Noudat slapende honde (Kwela, 2008). Die laaste deel van die gedig “Klein Cardo” lees só:

Die aand voor Cardo se eerste dag
op grootskool
het die Schoolboys klappers innie pad geskiet
Carlo het by die venster uitgeloer
die koeël het in sy keel gaan sit
sy ma hettie gehuil nie
die politicians het ’n boompie geplant
en die Kaapse Dokter het hom uitgepluk
en gegooi waar die res
vannie Kaap se drome lê –..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.