Ma se mond moet seep kry, sê haar seuns

HELP, HENRIETTA

Ma se mond moet seep kry, sê haar seuns

Is daar ’n ouderdom waarop jou vloeklisensie verstryk? En vanwaar die toename in koppigheid onder bejaardes? HENRIETTA stook onlus in die ouetehuis.

Help, Henrietta! Ek is ’n vrou van ’n sekere ouderdom. Ek is goed aangepas, oor die geheel beskou eintlik heel ordentlik, en ’n aanwins vir die samelewing.

Ek doen my deel vir die omgewing deur my vullis in drie blikke te sorteer en my inkopies in lapsakke huis toe te bring. Ek brei vir oumense serpe vir Kersfees van my oorskietwol. Goed, hulle is nie baie mooi nie, maar ek is seker hulle is lekker warm.

Ek skiet nie op my bure nie, al is die naaste een ’n chauvinistiese vark in sy vroeg veertigs. Daaroor is ek heimlik teleurgesteld, want ek het waarlik geglo ons generasie was die laaste wat hieraan onderwerp is. Hoe dit ook al sy, my probleem is dat my volwasse seuns baie judgmental is oor my vloekery...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.