Die hanswors binne-in Marthinus Basson

TEATERMAKER

Die hanswors binne-in Marthinus Basson

“Daar is net drie temas,” sê die gevierde teatermaker Marthinus Basson vir BIBI SLIPPERS: “seks, geloof en politiek. Daarby kan jy enige iets sit, van Greta Thunberg tot Trump.”

“NOU die aand het ons het gepraat oor jou ‘inner clown’, toe vra hulle vir my, ‘En wat is jou inner clown?’ Toe sê ek: ‘Ek is my inner clown.’ Ek het ’n fabrikasie geskep met die naam Marthinus Basson. ’n Totale kunsmatige persoon. So dis my clown. En daai clown het sekere gedragskodes en strategieë, hoe om om te gaan met situasies en met mense. Maar eintlik wil ek in my huis wees en nooit by die voordeur uitgaan nie. So dit pas my om agter die skerms te wees.”

Die bekroonde en gevierde teatermaker Marthinus Basson het sy inner clown by die voordeur uitgestuur, en dié het in die straat opgestap tot by De Akker op Stellenbosch, en het nou ’n glas rooiwyn aan die steel beet.

Hy skuif die glas se basis heen en weer oor die houtoppervlak van die tafel, asof hy homself op ’n vreemde soort strykinstrument begelei terwyl hy praat. Asof hy die tafel afskuur. “Ek doen goed om my spanning te verlig. So ek mediteer nie, ek sal iets knoop of sny of knip of plak, of iets doen, of tuinmaak, om my spanning uit my uit te kry.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.