‘Hercules hou van lewer en niertjies en afval’

TOT LOF VAN DIE KLEIN ROMAN

‘Hercules hou van lewer en niertjies en afval’

Haar hart behoort aan die dun boekies, skryf DEBORAH STEINMAIR: die kleines, die stilles, die fokus op die verstommende in die alledaagse, die inzoem op ’n skynbaar onbenullige detail wat opeens die hele landskap verhelder.

RESENSENTE en letterkundiges wag op die Groot Afrikaanse Roman soos op die kaptein. Daar het al heelparty verskyn, maar hoe herken jy die ware, eintlike GAR as dit jou teen die kop tref?

Romans wat wêreldwyd bekroon word, het gewoonlik grandiose temas soos oorloë (in Afrikaans is die Anglo-Boereoorlog gewild), natuurrampe, die stand van die planeet, die geskiedenis van filosofie en die ontwikkeling van menslike bewussyn.

Maar ek hou van klein boeke met alledaagse temas. Dun boeke, gestroop, wat voel asof dit in ’n beknopte sitkamer afspeel waar iemand vergeet het om die gordyne oop te trek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.