Rolanda Marais wil hê jy moet onthou sy’s nie ’n pushover nie

15 VRAE IN 5 MINUTE

Rolanda Marais wil hê jy moet onthou sy’s nie ’n pushover nie

Die Trackers-aktrise wens ook haar hare was dik genoeg vir ’n afro; sy kry skaam as mense die ou vlag rondswaai; en sy wens haar dogtertjie kon tot sonsondergang in die straat speel.

SKAARS twee weke ná die debuut van Trackers, M-Net se nuwe Sondagaand-trekpleister, is Rolanda Marais terug op die planke in die KKNK-produksie Koningin Lear, wat op 7 November in die Baxter-teater open.

Dié veelsydige aktrise wat sepie-aanhangers in die rol van Stefanie Malherbe in Binnelanders leer ken het, laat die sprong tussen kamera en verhoog maklik lyk. Sy is ewe bekend vir teaterrolle in Aars! en Romeo en Julia (albei met haar gunsteling-regisseur Martinus Basson) en Hedda Gabler, as vir haar rolprentwerk in onder meer Wolwedans in die skemer, Ballade vir ’n enkeling, Die seemeeu en Johnny is nie dood nie.

Trackers, wat gebaseer is op die misdaadskrywer Deon Meyer se politieke riller Spoor (2011), is een van die grootste produksies wat M-Net nog ooit aangepak het, en gaan volgende jaar ook op die Amerikaanse netwerk HBO en die Duitse openbare uitsaaier ZDF te sien wees. Rolanda vertolk die rol van die joernalis Milla Strachan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.