Vlugtige blik op ’n literêre wonderwêreld

EKSKLUSIEF

Vlugtige blik op ’n literêre wonderwêreld

In 'n eksklusiewe voorskou van haar nuwe boek, Die Wonderwese, en die uitstalling wat daarop volg, vertel CARINA STANDER hoe sy met metafoor en mitologie omgaan om die wonderwêreld te skep wat deur karakters soos Eron Verberger, die Walvistraanmagnate, die Geseëndes en die Voetwerkers van die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms bewoon word.

VAN kindsbeen af het ek geweet dat ek my lewe aan die skeppende woord en beeld wil wy. Ná 'n honneursgraad in beeldende kuns het ek 'n meestersgraad in skeppende skryfwerk voltooi en gevolglik is my digbundels en romans elk met ’n kunsuitstalling bekendgestel – 'n visueelmaking van karakters en tonele uit die boeke.

Die Wonderwese, wat in Oktober 2019 by Protea Boekhuis verskyn het, is die tweede verhaal in ’n trilogie en volg op Die Bergengel (2017). As reismistiek, allegorie of uitgebreide metafoor speel dit in op die tradisie van ’n oergeskrif soos Die Boek van Enog wat geskryf is deur Noag se oupagrootjie, Dante se Heilige Komedie en bekende sprokies.

’n Groot vonk vir die ontstaan van die trilogie is ’n magdom dagboekinskrywings tydens my reise. Die reisfoto's gebruik ek dan as visuele verwysings vir my kuns. Hier is 'n voorsmaak van Die Wonderwese-uitstalling wat op 7 Desember by die Knysna Fine Arts Gallery open, met aanhalings uit die boek in kursief...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.