Agter die Bok-gordyn: die humor, die drama en die karakters op toer

BOEKUITTREKSEL

Agter die Bok-gordyn: die humor, die drama en die karakters op toer

Die sportskrywer LIAM DEL CARME het pas sy eerste boek bekendgestel. In Winging It: On tour with the Boks deel dié gesoute joernalis, wat al 23 jaar lank saam met die Springbokke toer en op elke vasteland (behalwe Antarktika) saam met hulle was, sy weergawe van voorvalle wat die koerante gehaal het, staaltjies van agter-die-skerms-gebeure, asook ’n kykie na van die rugbywêreld se bekendste (en soms berugste) persoonlikhede. In hierdie twee uittreksels vertel hy hoe Peter de Villiers se destydse mediakonferensies internasionale joernaliste verbyster het, en hoe daar tydens vanjaar se Wêreldbekertoernooi om Eben Etzebeth laer getrek is.

‘Fatalistiese onbegrip’ 

DIT was 2008 en die Bokke het vyf seges in ’n ry op hul kerfstok gehad, maar sou hulle dit kon volhou onder die nuwe afrigter, Peter de Villiers, op hul jaareindtoer?

Die week voor hul toets teen Engeland was die eerste keer dat die Engelse media aan De Villiers se streke en dikwels teenstrydige bonttrappery blootgestel sou word. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.