Gigi: van sterk stripper tot sakevrou en stoker van sterk sopies

SY WEET HOE OM TE KRY WAT SY WIL HÊ

Gigi: van sterk stripper tot sakevrou en stoker van sterk sopies

Sy't 'n neus vir geld en 'n kop vir oorlewing, dié Perle van die Paarl wat eens 'n Penthouse Pet was. Ná haar ‘long dance to freedom' bemagtig sy nou ander vroue om hul eie distilleerderye oop te maak, skryf MARGUERITE VAN WYK

“HALLO, ek is Gigi," groet sy met 'n ferm handdruk.

Ek volg haar na die Jolly Rooster, 'n gesellige restaurant op die slaperige dorpie Stanford in die hart van die Overberg. Stanford is 'n relatiewe nuweling op die wynroete, maar vandag praat ons distilleerdery. Gigi is immers 'n stoker en die mede-eienaar van die Fynbos Distillery, wat Purple Haze-jenewer, limoncello, rooibosbessie-likeur en gehoute appelmampoer maak.

Sy is ook 'n voormalige stripper, 'n sakevrou en het Survivor gewen. Op haar dag “Penthouse Pet of the Year”. Sy en haar man, Mike Crole, is steeds mede-eienaars van die Lollipop Lounge vir volwasse vermaak in Randburg – haar grootste bron van inkomste. Sy het ook drie gastehuise (een in Johannesburg, twee in De Kelders) en ander eiendomme. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.