Tyd om die ‘wilde’ uit dié bedreigde perde te haal

NUWE SUBSPESIE

Tyd om die ‘wilde’ uit dié bedreigde perde te haal

Shakespeare is merendeels reg wanneer hy skryf name het min om die lyf. Noem hulle net wat jy wil, die viooltjies in Leipoldt se voorhuis bly blou en rooi. Dit is egter nie die geval as jy van die wilde perde op die Garub-plein in Namibië praat nie, skryf HEIN EKSTEEN.

EK trap al die bakkie se rem om die afdraai na die Richtersveld anderkant Steinkopf te neem toe Giselle in ʼn jongmeisiestemmetjie, glad nie eie aan haar nie, beskuldigend sê, “Jy brag al vir hoe lank oor Lüderitz se oesters en ek het hulle nog nooit geproe nie.”

Die kil blik in haar groen oë (dink aan ʼn slang gereed om die giftande in ʼn weerlose knaagdier te slaan) weerspreek die stemtoon. Ek ontwikkel terstond wildewegholstuipe en word die muis. Ons laat die afdraai agterweë en mik na Vioolsdrif.

Maar hierdie uitspattigheid is regverdigbaar. Ek het al oesters van oor die ganse wêreld geëet en nié omdat hierdie weekdier as Strandloper-Viagra gereken word nie. Bloot omdat dit presies is hoe die see smaak. Sonder peper, suurlemoen of ander fieterjasies. Net in haar spreekwoordelike Evasgewaad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.