Diamante: die Weskussers se beste pel

TUSSEN DIE GEREG EN ONREG

Diamante: die Weskussers se beste pel

Tydens die dekadelange bloeityd van diamantsmokkel (of klipgooi, in die Namakwalandse omgangstaal) het die armes met ongekende vernuf die pot aan die kook gehou deur “hul" klippies teen skrootpryse aan die rykes te verkwansel. Vandag is oorlewing steeds die heersende eienskap, maar die manier van klipgooi en die lewensbeskouing het ingrypend verander, skryf HEIN EKSTEEN

“SO, julle is die twee lepels wat die kakpot op Springbok geroer het!” grynslag George Moyses – legendariese oud-diamantduiker, skrywer, filmmaker, historikus, stigter en kurator van Port Nolloth se diamantmuseum – destyds. Dis nou toe ek en film- en televisievervaardiger Herman Binge in 2012 stelling oorkant hom inneem in sy tuin op McDougalsbaai, ’n katspoegie suid van Port Nolloth (in die plaaslike patois bekend as Die Port).

George was die beliggaming van Kristofferson se “Freedom’s just another word for nothing left to lose", met sy twee pakkies filterlose sigarette op die dryfhoutbladtafel vir wanneer hy tydens hierdie netelige gesprek wil opkom vir asem. En’n bottel whisky om sy keel gesmeer te hou.

Dit is nodig. Niemand in hierdie geweste praat geredelik oor klipgooi nie; die diamantsiekte of -koors wat hierdie hoogs gesogte euwel soos vuilsiek oor ieder en elk kan bring. Nie eens die woord “diamant" was vroeër vrylik geuiter nie. Soveel so, die oumense het gepraat van “amante". Boonop, indien jy reeds’n koorslyer is, wil jy nie onnodig die toorn van die diamantspeurders op Alexanderbaai oor jou bring nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.