DIE afgetrede sosioloog en Pringlebaaier Wynand Louw het jare gelede 'n aardskok in Miems (Pringlebaai se eerste restaurant) veroorsaak toe hy belese verklaar het: “Uiteindelik spoel alle haweloses in Pringlebaai uit.”
Hoekom nie in die buurdorpe Rooiels en Bettiesbaai nie? Terloops, Pringlebaai en Hanglip se sosiale hiërargie werk losweg só: Ou locals woon in Pringlebaai van die begin af (dis nou kort ná die Tweede Wêreldoorlog), locals langer as 25 jaar, nuwe locals onlangs en inkommers is vanselfsprekend. Die ou locals laat weet: “Omdat Rooiels vir die snobs en Bettiesbaai vir die bunny huggers beskore is.” As teenweer reken die gemoedsbeswaardes onder die buurdorpenaars dat Pringlebaai Sodom en Gomorra is. “Ja, raait,” grom die ou locals gesamentlik, “maar as dit by joltyd kom, is dié klomp huigelaars almal hiér in die voorbanke. En as jy mooi kyk, sal jy die soutpilaarwoud by die afdraaipad sien omdat hulle soos Lot se vrou nie anders kan as om hunkerend om te kyk agter die lekkerte aan nie.”
Lorette Lucket en A van der Vyver, twee van die hotel se mede-eienaars, kuier gedurende die 1970’s gereeld by Club 58 in Hillbrow. “Dis daar waar ek onder andere vir Jani Allan leer ken het met haar leerbroeke en hoede,” mymer Lorette. “Ek het vir jare hoede gedra. Dis sommer ook daar dat ons besluit het om eendag net so ʼn plek te begin. Skemerig, lekker drankies, geselskap en kabaret.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.