'Sy ís Poppie. Finish en klaar'

KRAGTOER

'Sy ís Poppie. Finish en klaar'

Clementine Mosimane se vertolking van die hoofrol in Poppie Nongena, waarvoor sy as beste aktrise by die Silwerskermfees bekroon is, is ’n ode aan vroue wie se hande, harte en rûe Suid-Afrika steeds dra. MARGUERITE VAN WYK het met haar gesels.

“JULLE is Nongenas, julle moenie dat die lewe julle onderkry nie.”

Dís haar gunsteling-reël in die fliek Poppie Nongena, sê die aktrise Clementine Mosimane. Sy is die onbetwiste ster van Christiaan Olwagen se bekroonde fliek Poppie Nongena wat op 31 Januarie in teaters begin draai.

“Sy ís Poppie. Finish en klaar,” sê Anna-Mart van der Merwe, wat die rol van mevrou Antoinette Swanepoel, Poppie se werkgewer, in die rolprent vertolk. Anna-Mart glo Clementine se vertolking van Poppie is ’n ode aan al die vroue tussen wie sy grootgeword het, ’n ode aan menslikheid en vroue wie se hande, harte en rûe Suid-Afrika steeds dra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.