DIE verantwoordelikheid van sy pos druk swaar op sy hart, vertel Christo van der Rheede. Hy is bekommerd oor die land. “Ons staar 'n ekonomiese, misdaad- en diensleweringskrisis in die gesig, en die landbousektor kan die enjin wees vir Suid-Afrika se ekonomiese herlewing".
Deel van sy rol as die uitvoerende direkteur van Suid-Afrika se grootste en oudste landbou-organisasie is dat die land en die politici hierdie kritieke rol van landbou verstaan en ondersteun. Dit is nie altyd maklik nie.
Die wrede werklikheid is dat Suid-Afrika se ekonomie in die waaksaal is. Meer as twee miljoen mense het hulle werk verloor, en ons bruto binnelandse produk het met 'n skrikwekkende 51% gekrimp ná die Covid-19-inperkingsmaatreëls. Die jongste data wys dat landbou letterlik die enigste sektor in die ekonomie is wat nie ineengestort het nie . Die vervaardigingsektor, konstruksie en mynwese het met oor die 70% gekrimp, terwyl landbou met 15% gegroei het. “Landbou het hierdie land deur Covid gedra," sê van der Rheede. “Wraggies, soms wil mens net sê: Toon bietjie begrip en wees dankbaar vir die boere...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.