Griessel is terug op die spoor in nuwe Deon Meyer-roman

Griessel is terug op die spoor in nuwe Deon Meyer-roman

Koop Donkerdrif nou by enige CNA-winkel vir slegs R199

Deon Meyer is terug met 'n nuwe roman.
Deon Meyer is terug met 'n nuwe roman.
Image: CNA

Wanneer Deon Meyer se gewilde baasspeurder Bennie Griessel dink daar is ’n slang in die gras, dan weet jy daar kom ’n lekker storie.

In Donkerdrif, die nuwe boek deur een van Suid-Afrika se voorste spanningsverhaalskrywers, is dit juis wat Griessel vir sy kollega Vaughn Cupido sê wanneer hy vra waarom dié twee hoogs bedrewe speurders skielik na ’n student moet soek wat ná ’n wilde partytjienaweek vermis word.

Eers word ’n polisiebeampte helder oordag by die Kaapstadse V&A Waterfront doodgeskiet – en daar is ’n gerug dat ’n senior polisieman agter die moord sit. Dan is daar die vreemde briewe wat aan Griessel en Cupido gestuur is, en wat moontlik iets met staatskaping uit te waai het.

Image: CNA

En nou word hulle gestuur om ’n student te soek wat waarskynlik nog sy roes iewers lê en afslaap?

Intussen het Jasper Boonstra, ’n ryk man met duistere planne, sy oog op Donkerdrif, die wynlandgoed wat hy by Sandra Steenberg wil koop. Sy’t die geld nodig om haar berg skuld te delg, maar hierdie transaksie trek ook Griessel se aandag.

Natuurlik weet Meyer se getroue lesers teen hierdie tyd dat al hierdie oënskynlik onverwante gevalle iewers paaie gaan kruis in nog ’n boek wat nie maklik neergesit kan word nie.

Die voormalige joernalis, kopieskrywer en handelsnaamkonsultant het reeds 13 boeke en twee kortverhaalbundels agter sy naam, en sy boeke is op die rakke in meer as 40 lande. Hy skryf ook vir TV en die silwerdoek.

Hy woon in Stellenbosch en tel Mozart, bergfietse, kosmaak, fotografie en Cheetah- en Springbokrugby onder sy passies.

Donkerdrif is nou beskikbaar by alle CNA-winkels vir slegs R199.

Hierdie artikel is geborg deur CNA.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.