Faksie is glad nie faktap nie

VERSINSELS

Faksie is glad nie faktap nie

Inteendeel. 'n Mens mag selfs die geskiedenis herskryf as jy wil, skryf DEBORAH STEINMAIR na aanleiding van Johan Kruger se nuwe misdaadroman, Vermoedelik dood, en Willem Anker se Skepsel.

HOE ontduik 'n skrywer lastige hofsake en laat die kreatiewe impuls sonder leiband rondsnuffel? Jy fiksionaliseer die werklikheid; jy skryf faksie – 'n mengsel van feit en fiksie. Dis glad nie faktap nie – inteendeel.

Gebruik regte gebeure as wegspringpunt, want die werklikheid wemel van wilde gegewe wat geen mens kan uitdink nie, laat staan nog oorvertel. Gee vir regte mense nuwe name en borduur na hartelus. Maak van hulle karakters en skep vir hulle storielyne.

Deon Meyer se Donkerdrif is só, waar die Steinhoff-skobbejak maklik herkenbaar is, maar 'n karakter op die skerm van die skrywer se verbeelding word. Skandalige gevroetel en gekonkel speel agter geslote deure af – intriges waarin die skrywer en lesers nie insae kon hê nie. En as dit in 'n roman gebeur, is dit nie hoorsê nie, want jy was dáár. Ons word vlieë teen die muur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.