Johnny Clegg: Die groot bul groet

ODE AAN 'N ROCK-IMPI

Johnny Clegg: Die groot bul groet

Die Zoeloe-rocklegende Johnny Clegg het op 16 Julie 2019 ná vier jaar die stryd teen pankreaskanker verloor. CHRIS DU PLESSIS, kunsredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad en byna vier dekades lank een van sy vriende, kyk terug op Johnny se merkwaardige lewensreis – van sy soeke na ’n vaderfiguur tot wetenskapfiksieflieks en ’n Zoeloe-stamhoof genaamd Queen Victoria – in hierdie artikel wat in dieselfde week van 2019 verskyn het.

JOHANNESBURG, JULIE 2019

Jonathan Paul Clegg se jare lange vriend en musikale bondgenoot Sipho Mchunu stik skielik aan sy woorde waar hy sy beste vriend vir oulaas langs sy graf groet. Hy gooi sy vuiste in die lug, amper asof in frustrasie, kyk hemelwaarts en laat ’n rou “Hamba Kahle!” uit. Dan soebat hy Johnny om nie sy volgende reis te vrees nie: “Moenie bang wees om jou vaders te ontmoet nie, Skeyi, en jou kamerade, my umfowethu (my vriend).”

Hy noem Johnny op sy stamnaam, Skeyi – dis geleen van die “skei”-deel van die woord jukskei en verwys na die houtstuk wat 'n  os aan sy juk vashou. Die bul is nou eindelik los van die juk, sê Sipho terwyl ’n tasbare stilte oor die groepie mense hier in ’n hoekie van die Hoëveld neersak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.