Waardevolle versamelstukke en historiese kunswerke onder die...

VEILING

Waardevolle versamelstukke en historiese kunswerke onder die hamer by Aspire Art

Hier is jou kans om 'n noemenswaardige kunswerk deur 'n plaaslike legende soos William Kentridge, Marlene Dumas of George Pemba by jou versameling te voeg.

‘The Quarrel' (1988) is een van vier olieverfskilderye deur George Pemba wat op 16 Maart 2022 by Aspire Art se veiling in Kaapstad onder die hamer kom.
‘The Quarrel' (1988) is een van vier olieverfskilderye deur George Pemba wat op 16 Maart 2022 by Aspire Art se veiling in Kaapstad onder die hamer kom.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Aspire Art se komende veiling in Kaapstad sal beslis kunsliefhebbers se harte vinniger laat klop, want dit gee hulle die kans om noemenswaardige en gesogte werke by hulle versamelings te voeg. 

Altesaam 111 werke deur 74 befaamde kunstenaars van Afrika – onder wie talle Suid-Afrikaanse uitblinkers – kom onder die hamer.

Die vernaamste werk op die veiling is William Kentridge se Drawing from the Mine. Hierdie intens ekspressiewe houtskooltekening is een van 18 wat die kunstenaar gemaak het vir sy geanimeerde rolprent Mine wat in 1991 uitgereik is.  

William Kentridge se ‘Drawing from the Mine' (1991). Raming: R2.8 miljoen tot R3.5 miljoen.
William Kentridge se ‘Drawing from the Mine' (1991). Raming: R2.8 miljoen tot R3.5 miljoen.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Sketse van Kentridge se rolprente is hoogs begeerlik en kom selde op die mark, maar dis nie ál rede waarom hierdie lot na verwagting groot belangstelling gaan ontlok nie. Aspire Art het in die verlede nuwe prysrekords opgestel én verbeter met die opveil van Kentridge-werke.  

Werke van Marlene Dumas kom ook selde op die mark, en daarom is lot 51 nog een om dop te hou. Die werk, getiteld Kindvrou, is 'n portret van 'n jong meisie wat sy in die middel-1970's geskilder het. Dit word vergelyk met Irma Stern se gevierde werk The Eternal Child.

Robert Hodgins se besonderse grootskaal-olieverfskildery A Green Girl (1988/1989), wat na Shakespeare se Ophelia verwys, is nog 'n hoogtepunt.

Robert Hodgins se ‘A Green Girl' (1998/1999).Raming: R900,000 tot R1.2 miljoen.
Robert Hodgins se ‘A Green Girl' (1998/1999).Raming: R900,000 tot R1.2 miljoen.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART
Marlene Dumas se ‘Kindvrou' (1974/1975). Raming: R1.8 miljoen tot R2.4 miljoen.
Marlene Dumas se ‘Kindvrou' (1974/1975). Raming: R1.8 miljoen tot R2.4 miljoen.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Aspire Art is trots daarop om belangrike werke aan ernstige versamelaars te bied; daarom is daar 'n hele aantal ander historiese juwele ook op die veiling.

Daaronder tel Louis Maqhubela se The Fallen Kings, 'n polities aangrypende werk uit die 1960's wat die Rivonia-verhoorgroep verteenwoordig, en Fanlo Mkhize se BUTISI TART?, 'n speelse werk wat vir die eerste Johannesburgse Biënnale, Africus, in 1995 geskep is.

Dan is daar vier olieverfskilderye van George Pemba. Daar was onlangs so 'n groot vraag na hierdie kunstenaar se werk dat die besturende direkteur van Aspire Art, Ruarc Peffers, bespiegel dat sy status vergelykbaar met die plaaslike pionierkunstenaar Gerard Sekoto sal word.

Louis Maqhubela se ‘Fallen Kings' (1960's). Raming: R80,000 tot R120,000.
Louis Maqhubela se ‘Fallen Kings' (1960's). Raming: R80,000 tot R120,000.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Ander moderne skatte sluit in 'n fantastiese gouache, Embrace, deur Peter Clarke, twee sensitiewe portrette deur Neville Lewis, en werke deur François Krige, Cinga Samson, Eleanor Esmonde-White, Gregoire Boonzaier, Cecil Skotnes en Walter Battiss.

Daar is ook 'n aantal indrukwekkende beeldhouwerke van kunstenaars soos Bruce Arnott, David Brown, Sydney Kumalo en Edoardo Villa, wat in die 1960's belangrike lede van die hoogs invloedryke Amadlozi-groep was.

Vir aanhangers van fotografie sluit die katalogus treffende werke in van onder andere David Goldblatt, Jac de Villiers, Zanele Muholi en Guy Tillim.

Paul Kodjo se ‘Perdue et Retrouvee' (1973). Raming: R100,000 tot R120,000.
Paul Kodjo se ‘Perdue et Retrouvee' (1973). Raming: R100,000 tot R120,000.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART
Ayana Jackson se ‘Destruction' (2011). Raming: R120,000 tot R180,000.
Ayana Jackson se ‘Destruction' (2011). Raming: R120,000 tot R180,000.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Van besondere belang is werke deur twee fotograwe wie se werk hul debuut maak by 'n veiling in Suid-Afrika. 

Dit sluit in Destruction, 'n skerp politieke werk uit die kontemporêre Amerikaanse fotograaf Ayana Jackson se reeks Poverty Porn, en twee swart-en-wit foto's uit die 1970's (gedruk in 2019) deur die dokumentêre fotograaf Paul Kodjo, wat bekend staan as die “vader van fotografie in die Ivoorkus".

Hierdie debute toon Aspire Art se verbintenis daartoe om die mark vir kuns van die vasteland en die Afrika-diaspora te laat groei. Oor die afgelope 18 maande het Aspire Art 50 nuwe kunstenaars van Afrika na veilings gebring en 60 nuwe Afrika-rekords opgestel. 

Getrou aan hierdie doel is meer as 20% van die werke wat in Maart opgeveil word van ander Afrika-lande benewens Suid-Afrika.

Hoogtepunte sluit in die Zimbabwiese kunstenaar Misheck Masamvu se monumentale skildery Bottoms Up en Moffat Takadiwa se Mr Consumer 2, 'n wonderlike beeldhouvorm gemaak van weggooimateriaal en rommel van Harare.

Moffat Takadiwa se ‘Mr Consumer 2' (2014). Raming: R150,000 tot R200,000.
Moffat Takadiwa se ‘Mr Consumer 2' (2014). Raming: R150,000 tot R200,000.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART
Misheck Masamvu se ‘Bottoms Up' (2015). Raming: R250,000 tot R350,000.
Misheck Masamvu se ‘Bottoms Up' (2015). Raming: R250,000 tot R350,000.
Image: VERSKAF/ASPIRE ART

Wees ook op die uitkyk vir skilderye van George Lilanga van Tanzanië en Zemba Luzamba en Joseph (Cheri Cherin) Kinkonda van die DRK.

Voornemende bieërs word genooi vir 'n voorskou van die lotte by Aspire Art se veilingkamers by Somersetweg 37A in De Waterkant, Kaapstad, vanaf Vrydag 11 Maart. Die werke sal van 10:00 tot 16:00 Maandag tot Vrydag besigtig kan word. 'n Volledig geïllustreerde veilingskatalogus kan aanlyn afgelaai word. 

Die veiling word op Woensdag 16 Maart om 19:00 by die galery gehou. kopers is welkom om self te kom om te bie, of kan per telefoon of op Aspire Art se intydse aanlyn bodplatforms bie.

Gaan na aspireart.net vir nog inligting.

* Aspire Art het vir hierdie artikel betaal.