Raymond Zondo: van arm seun tot hoofregter

ONAFHANKLIK VREESLOOS

Raymond Zondo: van arm seun tot hoofregter

Suid-Afrika het hom veral leer ken as voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, die man wat as adjunkhoofregter so pynlik hoflik die mees merkwaardige getuienis aangehoor het. Nou is Zondo as hoofregter van Suid-Afrika aangestel. Maar wie is die man agter die fluweelstem, het ANNELIESE BURGESS gevra in dié artikel wat op 17 November 2020 verskyn het.

RAYMOND ZONDO se stem het dieselfde uitwerking as daardie beroemde CNN-agtergrondstem van James Earl Jones – gesaghebbend, diep en gerustellend kalm oor die soms stormagtige waters van die kommissie. Maar dit is ook sy houding, die manier waarop hy stil en uitdrukkingloos luister, en dan net op die regte oomblik ingryp met ’n vraag of vermaning om die getuienis in die regte rigting te laat vloei. Konsekwent hoflik. Byna gemoedelik, maar vlymskerp op sy merke.

Groen heuwels van Ixopo

Raymond Mnyamezeli Mlungisi Zondo is in 1960 tussen die groen heuwels van Ixopo in die KwaZulu-Natalse Middelland gebore – die heuwels wat Alan Paton beskryf het as “grass covered and rolling, and lovely beyond any singing of it”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.