Herontdek ’n gedepolitiseerde Afrikaan(s)

TAALGEMEENSKAP

Herontdek ’n gedepolitiseerde Afrikaan(s)

Daar’s goeie nuus, minder goeie nuus … en baie om te dala. Só skryf SYBRANDUS ADEMA, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se kommunikasiebeampte, ná die geharwar oor ’n moontlike naamsverandering vir die instelling.

KOM ons val met die positiewe by die deur in: Bruin en wit Afrikaanses het soos ’n gewone taalgemeenskap saamgestaan (https://maroelamedia.co.za/nuus/proteskonsert-verenig-afrikaanssprekendes/) téén die voorstel. Tydens die openbare vergadering in die Paarl het ’n jong bruin vrou opgestaan, haarself as ’n Afrikaner geïdentifiseer en kanala-gevra dat die “taalstokkie” aan ’n jonger geslag oorgedra word. Op die proteskonsert het die swart Shonasprekende Zimbabwiër Tinotenda Singe (https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/sanger-uit-zim-bekoor-in-afrikaans-20210731) in Afrikaans gesing – die taal lê hom na aan die hart en hy praat dit vlot. In die sosialemediasfeer het die jong bruin taalaktivis William Xkhoa Sezoe, net soos vele ander, vir die monument en Afrikaans in die bresse getree.

Dit als die resultaat (http://www.taalmuseum.co.za/visie-missie-waardes/) van die ATM, kultuurorganisasies en Afrikaanses om die afgelope dekades met mekaar te praat om die gemeenskap se onnatuurlike skeiding tydens apartheid reg te stel. Die pyn is steeds daar, maar ’n ver pad is afgelê sedert die skrywer Kirby van der Merwe in ’n aparte “Kleurlingbussie” moes ry om die semi-veelrassige opening van die Taalmonument in 1975 by te woon.

Aan die kant van laste was daar die kritici én ondersteuners wat steeds Afrikaans se diverse geskiedenis misken en aanneem dat die ATM deur die oorlye Genootskap van Regte Afrikaners aan die neus gelei word. Toe kom daai Iere van Ryanair (https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/waarheid-oor-afrikaans-20220615) ook kort voor 16 Junie met hul gedoemde en irrasionele Afrikaanse toets wat ou wonde oopgekrap het. In plaas daarvan om konteks aan Afrikaans en Afrikaanses te gee, het die meeste verslaggewers, binnelands en buitelands, ou stigmas gespoeg-en-plak en soms totaal verkeerde inligting oor ons taaltapisserie gepubliseer. Praat van alternatiewe feite…boonop weens ’n toets wat Afrikaanses nie bedink het nie, maar soos ’n sambok teen hulle gebruik is. Njannieskapêla?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.