’n Britse koningshuis sonder die koningin? Ondenkbaar!

‘SY ÍS DIE MONARGIE’

’n Britse koningshuis sonder die koningin? Ondenkbaar!

Koningin Elizabeth is Donderdagaand oorlede. In hierdie artikel van 13 April vra ADRI KOTZÉ of die monargie sonder haar sal oorleef.

JIMMY SAVILE het graag blink poliëster gedra. Sy gebleikte hare was 'n grasserige helm en hy was behang met goedkoop juweliersware. Die gewilde Britse televisiepersoonlikheid het verby 'n alomteenwoordige sigaar karikatuuragtige gesigte getrek vir die kamera en sy uitpeuloë wyer gerek vir effek.  

Ons weet nou Savile was 'n monster, 'n pedofiel en sekspes wat sy roem en reputasie as filantroop misbruik en dekades lank omtrent die hele Brittanje om die bos gelei het. Ná sy dood in 2011 het die polisie sowat 500 klagte van teistering ondersoek. Die meeste slagoffers was onder 18. 

Danksy 'n nuwe dokumentêre program op Netflix, Jimmy Savile: A British Horror Story, weet ons ook nou die BBC-aanbieder was 'n soort van nie-amptelike raadgewer vir die Britse troonopvolger, prins Charles. Savile, 'n voormalige myner en professionele stoeier, en die prins van Wallis het vir 20 jaar, tussen 1986 en 2006, gekorrespondeer. In van die briewe het die prins vir Savile om hulp gevra, soos een in Januarie 1987...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.