Plaaslike kookboeke is nie net lekker nie, dis soveel meer,...

Plaaslike kookboeke is nie net lekker nie, dis soveel meer, sê Exclusive Books

EB plaas hierdie Erfenismaand die kollig op ’n paar uitmuntende Tasty Reads om die Suid-Afrikaanse storie te vier soos dit deur kos vertel word.

Suid-Afrikaanse geregte is aanloklik, verslawend, heerlik, geurig, smullekker, pikant en propvol geur.
Suid-Afrikaanse geregte is aanloklik, verslawend, heerlik, geurig, smullekker, pikant en propvol geur.
Image: Verskaf/Exclusive Books

Kos gee uitdrukking aan wie ons is, of ons nou ons maaltye deel waar ons om ’n knus kombuiseiland bymekaar is, op die stoep braai of by ’n formele eetkamertafel aansit. En om kos te skep is ’n manier om liefde te betoon aan die mense met wie ons ons kulinêre meesterstukke deel.

Vir die jongste aflewering van Exclusive Books se jaarlikse Tasty Reads-veldtog, wat SA kookboeke en die sjefs daaragter in die kollig plaas, het hierdie boekverkoper ’n bietjie pret gehad met woorde wat smulpape gebruik. Die ietwat geykte uitdrukking “Local is lekker” is op sy kop gekeer. Deur die frase “Local is nié lekker nie” te gebruik, hoop Exclusive Books dat dit die gesprek aan die gang sal kry, nuuskierigheid sal prikkel en mense sal fassineer.

Die idee daaragter is om plaaslike kookkuns te herdefinieer as meer as die alledaagse “lekker”. SA geregte is aanloklik, verslawend, heerlik, geurig, smullekker, pikant en propvol geur.

Die keuse van titels van Tasty Reads gee die konsep van ’n perfekte gereg weer – noukeurig gekose bestanddele met lewendige geure wat elkeen die volgende komplementeer en aksentueer om ’n gebalanseerde bord te verseker.

Omdat September Erfenismaand is, maak dit sin om sowel erfeniskos as kosstyle te vier, asook die neigings wat aan internasionale kospersepsies vorm gee.

Fanatics-lede sal dubbele punte verdien vir alle Tasty Reads-titels wat hulle gedurende September by Exclusive Books koop.
Fanatics-lede sal dubbele punte verdien vir alle Tasty Reads-titels wat hulle gedurende September by Exclusive Books koop.
Image: Verskaf/Exclusive Books

Verskeie voorbeelde van geregte wat stadig oor die kole gaargemaak word of in die potjiepot prut, word gesien in ’n nuwe uitgawe van Jan Braai se Die Demokratiese Republiek van Braai en Martelize Brink se Oor die kole. Hierdie kookmetodes is deel van die “low and slow”-benadering – nie net wat die hitte betref waarteen die kos gaargemaak word nie, maar ook die gehaltetyd wat saam met familie deurgebring word.

In An African Bite voer Chef Mbombi aan dat as ons nie aanhou om erfenisgeregte te maak nie, ons dit vir altyd sal verloor. Tradisionele geregte sluit aan by die filosofie van zero-vermorsing – ’n tendens wat geen tekens toon dat dit besig is om af te neem nie – deur alle dele van plante of diere te gebruik. Zola Nene se Simply Seven Colours gee uiting aan die ikoniese Suid-Afrikaanse konsep van “sewe kleure” – ’n bord wat lewendig gemaak word met ’n reënboog van kleurryke bestanddele.

Diëte met ’n plantbasis bly ’n vurige onderwerp in die koswêreld – dit groei trouens soos onkruid. Hierdie 21ste-eeuse beweging gaan oor bewuste eetgewoontes en maak ’n boek soos Mokgadi Itsweng se Veggielicious prominent en relevant. Living the Ultimate Keto Lifestyle deur Hendrik Marais benadruk die rol van voeding in die balans van slaap, oefening en stresbeheer.

Miskien is die mees hartverwarmende neiging wat Exclusive Books in die publikasie van Suid-Afrikaanse kookboeke raaksien dat gewone mense hul voorskote afstof en gemaklik raak in die kombuis.

Kos is ’n geleentheid, ’n tyd vir saamwees, deel, gemak en passie. Exclusive Books Tasty Reads is die Suid-Afrikaanse storie – soos deur kos vertel word.

Alle Exclusive Books Fanatics-lede sal in September dubbele punte kry vir alle Tasty Reads-titles wat hulle koop.

Exclusive Books het vir hierdie artikel betaal.