Hoe om op Vrye Weekblad in te teken

STAP VIR STAP

Hoe om op Vrye Weekblad in te teken

Maak seker jy mis nie 'n enkele uitgawe nie.

Die meeste artikels in Vrye Weekblad se weeklikse digitale uitgawes is slegs vir intekenaars beskikbaar. (Sommige artikels is gratis om te lees mits die leser registreer op die webblad.)

  • Die koste is R25 per week ('n uitgawe op 'n Woensdag en 'n Vrydag), of R20 per week vir Suid-Afrikaanse pensioenarisse ouer as 60 jaar. 
  • Intekenaars kan 'n maandelikse intekening kies (met betalings wat dan maandeliks gehef word), of inteken vir ses of 12 maande en dan een bedrag betaal vir die hele tydperk.

>> Kliek hier om nou in te teken

Indien jy hulp nodig het, hieronder is 'n vinnige gids wat die proses uiteensit.


STAP 1 

As jy nie aangemeld is op die webblad nie, sal jou tuisblad só daar uitsien. Kliek die “TEKEN IN"-opsie om te begin: 

Op jou foon, kliek op die drie strepies regs bo op jou skerm om die “TEKEN IN"-opsie te vind in die paneel wat dan verskyn:

As jy reeds aangemeld is op die webblad, kliek op die drie strepies regs bo op jou skerm en kies die “TEKEN IN"-opsie.

Jy kan ook op enige artikel kliek en jy sal gevra word om ons intekenopsies te besoek, of kliek hierdie skakel.


STAP 2

Kies die regte intekenopsie vir jou:

Hierna sal jy gevra word om aan te meld as jy reeds vantevore geregistreer het op ons webblad, of om eers jou registrasie te voltooi.

As jy reeds aangemeld is op die webblad, sal jy direk na die volgende stap geneem word.


STAP 3

Kies die tydsduur van jou intekening. Kliek op die “TYDSDUUR"-lys om die opsies vir ses of 12 maande te kies, en kliek “BEVESTIG" om voort te gaan:


STAP 4

Vir 'n maandelikse intekening, of vir ses of 12 maande, verskaf jou kaartbesonderhede hier.

Vir diegene wat ses of 12 maande gekies het (dus 'n enkele betaling in plaas van maandeliks), is daar ook 'n ETF-opsie:

As jou betalingsbesonderhede korrek was en die transaksie kon voltooi word, sal jy hierna 'n e-pos ontvang om dit te bevestig.

Andersins sal jy 'n boodskap sien om jou in te lig dat die transaksie nie voltooi kon word nie.


Enige vrae?

Stuur e-pos na: hulp@vryeweekblad.com

Kontaksentrum vir intekenaars: Tel: 0860 52 52 00

Die beste tyd om te bel is 6vm–3.30nm SA tyd (GMT +2) Maandag tot Vrydag.