Benodig: ’n Minister van nasionale welstand

POLITIEK

Benodig: ’n Minister van nasionale welstand

Ons kan nie ’n towerstaffie swaai en ons ekonomie oornag laat groei nie, maar ons kan ingrypend anders begin dink en die welstand van ons mense bó ortodoksie en ideologie stel, redeneer MAX DU PREEZ.

WAT is die primêre funksie van ’n regering? Sommiges sal sê dit is om die burgers veilig te hou, dus die handhawing van reg en geregtigheid, van wet en orde. Ander sal sê dit is om die ekonomie te reguleer en te stimuleer, dus om burgers se materiële welvaart te bevorder. Nog ander sal klem op hospitale, skole en universiteite lê.

Maar waarop al dié funksies eintlik neerkom, is dat die staat moet sorg dat die lewensgehalte van die burgers van die land op ’n minimumstandaard is en deurentyd verbeter. Overgeset synde: Die staat se mees basiese funksie is om burgers gelukkig te maak; om te sorg dat hulle 'n bevredigende lewe met menswaardigheid kan lei.

So hoekom het ons dan nie ’n minister van nasionale welstand nie? Hoekom is die minister van finansies die magtigste minister in die kabinet?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.