Grond: Pak nóú die bul by die horings

DIE GRONDKWESSIE

Grond: Pak nóú die bul by die horings

Dit is nou onafwendbaar dat die Grondwet verander gaan word om uit te spel dat grondonteiening sonder vergoeding wettig kan wees. ʼn Versigtige bewoording van die amendement en van die meegaande onteieningswetsontwerp is noodsaaklik om te voorkom dat die reg op die besit van eiendom ondermyn word, maar die politieke druk gaan toeneem tensy 'n wesenlike en demonstreerbare oordrag van grond plaasvind, skryf MAX DU PREEZ.

POLITIEK is die kuns van wat moontlik en haalbaar is – die kuns van die naasbeste, het die 19de-eeuse Duitse politikus Otto von Bismarck gesê.

Die dinamika van die Suid-Afrikaanse politiek het die laaste twee jaar sodanig verander dat 'n versuim om wesenlike en sigbare grondherverdeling toe te pas, dalk gevaarliker as die potensiële ondermyning van eiendomsreg deur 'n verandering van die Grondwet kan wees.

As daar nie binne 'n redelike tyd 'n minimum herverdeling van grond gaan wees wat mense kan sien en ervaar nie, kan die emosies so opgesweep word dat dit stabiliteit kan begin bedreig. Dit kan ook pres. Cyril Ramaphosa se politieke oorlewing in gevaar stel, want die kwessie van grond word nou aktief deur die Ace Magashule-faksie en die EFF gebruik om hom te ondermyn...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.