Sneltreine? Red eers wat ons het, meneer die president!

ONTSPOOR

Sneltreine? Red eers wat ons het, meneer die president!

In skrille kontras met die hersenskim in pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede van eerstewêreldse sneltreine wat eendag tussen Suid-Afrika se grootste sentra heen en weer sal blits, het Nedlac pas toestemming gegee vir ʼn landwye beskermde staking vir álle werkers ten einde die president te probeer dwing om die land se ineenstortende spoorstelsel reg te ruk, skryf SONJA CARSTENS.

DIT het die afgelope week aan die lig gekom dat die Spoorvervoeragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nóg R2 biljoen van sy begroting gaan afstaan om die bankrot Suid-Afrikaanse Nasionale Pad-agentskap (Sanral) te red.

In Oktober verlede jaar is die eerste R3 biljoen van Prasa se begroting na Sanral oorgedra. Dit is deel van die totale “skenking” van R9 biljoen van Prasa aan Sanral oor die volgende drie jaar wat deur die departement van vervoer goedgekeur is.

Prasa se onvermoë..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.