Dodelike bendebloedbad

MISDAAD

Dodelike bendebloedbad

In haar boek THE ENFORCERS: Inside Cape Town's deadly nightclub battles lê CARYN DOLLEY die tentakels bloot van 'n misdaadnetwerk wat strek van nagklubs en bendegeweld op die Kaapse Vlakte tot by grootkoppe in die polisie en internasionale wapenhandel. Hier volg 'n uittreksel uit dié boek.

Kaapstad is in die greep van ’n bendebloedbad wat dreig om die Moederstad in die wêreld se moordhoofstad te omskep. Vroeër vandeesmaand is 62 moordlyke binne ’n tydperk van 54 uur by verskillende lykshuise in die stad afgelewer, en kort daarna is ses lede van die polisie se anti-bende-eenheid in ’n voorval geskiet.

Polisiekorrupsie en twis tussen die eenhede wat dié euwel moet beveg, lei daartoe dat bendes koning kraai en die lyke ophoop.

Die ondersoekende Kaapstadse joernalis Caryn Dolley fokus die afgelope ses jaar op bendegeweld en -aktiwiteite in hierdie stad, en haar nuwe boek, The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles, verlig dié verdorwenheid soos nog selde vantevore. Haar boek bewys ook dat die dae van die “nommers” wat tot die sogenaamde Kaapse Vlakte beperk was, lankal verby is. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.