Korrektiewe dienste: R1.8 biljoen se e-toestelle verrot in store

KORRUPSIE

Korrektiewe dienste: R1.8 biljoen se e-toestelle verrot in store

Die departement van korrektiewe dienste – een van die melkkoeie van staatskapers – is in nog 'n korrupsieskandaal gewikkel. Duisende elektroniese moniteringsbande wat die belastingbetaler honderde miljoene rande gekos het, lê ongebruik in store omdat dit net in Israel reggemaak kan word, berig JACQUES PAUW.

DIE departement van korrektiewe dienste het glo bykans R2 biljoen bestee aan 'n program om gevangenes op parool met elektroniese moniteringsbande toe te rus, maar dié toestelle lê ongebruik in 'n stoorkamer omdat hulle glo net in Israel reggemaak kan word.

Dit was een van die departement se mees ambisieuse projekte, en daar is gehoop dat 10,000 gevangenes op parool uiteindelik elektronies geëtiketteer sou word om sodoende te keer dat hulle weer oortree.

Korrektiewe dienste het etlike jare lank voorgegee dat dié program 'n groot sukses was en 'n nuwe fase sou inlui in die hantering van gevangenes wat op parool vrygelaat word. Hulle het kort-kort die parlement meer geld daarvoor gevra...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.