Suid-Afrika: 10 redes vir optimisme en hoop

DIS BETER AS WAT JY DINK

Suid-Afrika: 10 redes vir optimisme en hoop

Die polse-sny-verlamming wat baie Suid-Afrikaners tans voel moet end kry, skryf ANNELIESE BURGESS. Sy het met tien Suid-Afrikaners gaan praat oor optimisme en hoop, en hierdie oorlewingsgids opgestel vir hoe om te leef, hier in ons land, nóú.

KYK, ek is 'n bok vir optimisme. Maar hel, kom ons erken dit nou maar, laas week was darem 'n bietjie van 'n polse-sny-week aan die politieke front.

Tussen Eskom se inploffing, die openbare beskermer se totale wanbegrip van haar rol, die doemprofesieë oor die ekonomie, die skrikwekkende statistieke oor werkloosheid, die onaanvaarbare geweldsmisdaad (en gooi dan sommer 'n lekker oproerige bandebrand-protesaksie hier in my afgeleë klein gemeenskap in die pot), en selfs ek het begin droom van 'n klein huisie iewers in die berge, ver, ver hiervandaan. 

Maar, dít gaan nie gebeur nie. Die meeste van ons gewone burgers hier aan die suidpunt se harte is diep gewortel in ons land; ons sien nie kans vir 'n lewe sonder ons familie iewers in Kanada of Australië nie (en het buitendien nie die geld of die middele om die hasepad te vat nie), en boonop wil ons ook deel wees van die oplossing. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.