Mark Behr: Dubbele agent se verhaal van vriendskap en verraad

VROT APPEL?

Mark Behr: Dubbele agent se verhaal van vriendskap en verraad

JONATHAN ANCER se nuwe boek, Betrayal, delf diep in die dubbele lewens van Suid-Afrika se apartheidspioene. Een van dié verhale handel oor “die blouoogseun van Suid-Afrikaanse letterkunde”, Mark Behr, en sy verlede as ’n kampusspioen. Hier is ’n uittreksel uit Ancer se boek.

OP 4 Julie 1996 het Mark Behr na die podium gestap om die hooftoespraak te lewer by ’n skrywerskonferensie met die tema “Faultlines: Inquiries around truth and reconciliation”. Die kern van sy toespraak was die verhaal van sy eie verraad.

Met die woorde: “Dit is met die grootste berou dat ek erken dat ek as ’n agent vir die Suid-Afrikaanse veiligheidsmag gewerk het,” het hy met ’n dramatiese mea culpa losgetrek. Die blouoogseun van Suid-Afrikaanse letterkunde wie se roman Die reuk van appels internasionaal opslae gemaak het, het openlik erken dat hy ’n spioen vir die apartheidsregering was.

Tien jaar vroeër het Behr politieke wetenskap en filosofie aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en terselfdertyd inligting oor die politieke verwikkelinge op dié konserwatiewe Afrikaanse kampus aan die veiligheidspolisie verskaf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.