Prasa: Die verhaal van Mbaks se ‘oorlogkamers’ en die ...

FEITE EN FIKSIE

Prasa: Die verhaal van Mbaks se ‘oorlogkamers’ en die selfoon-sinjale

Suid-Afrikaanse pendelaars word plegtig beloof dat minister Fikile Mbalula se “oorlogkamers” binne 100 dae ’n verandering aan hul daaglikse lot met treine van die Spoorvervoeragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sal bring. Op grondvlak is die realiteit egter dat die land se treine op die genade van treindrywers se lugtyd loop. SONJA CARSTENS onderskei tussen fiksie en feite.

DIE nuwe minister van vervoer, die vierde in minder as vyf jaar, se planne vir Prasa lees soos ’n roman met ’n baie gelukkige einde: die haglike stand van die land se treinstelsel sal iets van die verlede wees.

Fikile Mbalula sê hy het ’n wêreldklas “Nerve Centre” op 8 Augustus in Germiston in Gauteng geopen. Hier sal geen treinkontroleerder langer hoef te “staan” terwyl hulle werk nie en sal hulle meer as een treinkajuit kan monitor.

Die feite is egter dat die Gauteng Rail Nerve Centre, toegerus met die beste en nuutste tegnologie, reeds op 10 Oktober 2015 deur een van Mbalula se voorgangers, Dipuo Peters, geopen is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X