Weermag wil regsoffisiere dwing om uit vliegtuie te spring

WIND VAN ONDER

Weermag wil regsoffisiere dwing om uit vliegtuie te spring

As die weermag se hoof van regsdienste sy sin kry, gaan die regsoffisiere van die toekoms sommer per valskerm in 'n gevegsgebied ontplooi word – sodat bevelvoerders dadelik seker kan wees van die reëls wat hulle moet volg, berig ERIKA GIBSON.

GENL.MAJ. Eric Mnisi se plan is dat regsoffisiere nie net spesialiste in die hof sal wees nie, maar ook voorslagsoldate wat as deel van ʼn snelontplooiingsmag sal kan valskermspring en selfs saam met die spesiale magte (spesmagte) operasies kan aanpak.

Die idee is dat die regsoffisiere tydens operasies aan die voorpunt van die eerste span wat ontplooi word (gewoonlik óf die spesmagte óf valskermsoldate), saam in ʼn gevegsgebied inbeweeg waar hulle onmiddellik die rol van regsadviseurs vir die bevelvoerder kan vervul. Dié advies kan insluit om aan die bevelvoerder voor te skryf as enige optrede strydig is met die aanvaarbare reëls vir oorlogvoering, of wat hom te doen staan as daar burgerlikes in die omgewing is sodat hulle nie in die slag bly nie.

Dié snelontplooiingsmag (RRF) van regsdienste word reeds uit die geledere van die spesmagte en onder valskermsoldate gewerf indien hulle reeds of in die proses is om deeltyds ook ʼn regskwalifikasie te verwerf. Dienende regsoffisiere word aangemoedig en gaan trouens selfs in die toekoms verplig word om bepaalde spesialiskursusse te ondergaan om deel te word van die regsafdeling...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.