Pagad mobiliseer weer: ‘Bang gemeenskappe het ons gevra om te help’

HULPELOOS EN VOL VREES

Pagad mobiliseer weer: ‘Bang gemeenskappe het ons gevra om te help’

Gemeenskappe moet betrek word om teen misdaad te baklei. Die regering, godsdiens- en sakeleiers faal gemeenskappe en daar is 'n radikale benadering nodig, het Abeedah Roberts, nasionale sekretaris van Pagad, in 'n ekslusiewe onderhoud met CRYSTAL ORDERSON vertel.

“MENSE leef in vrees vir hulle lewe – die bendes en jeugdiges terroriseer ons gemeenskappe. In gebiede soos Mitchells Plain is mense bang, dit is hoekom hulle óns roep.” 

Die nasionale sekretaris van Pagad, Abeedah Roberts, wat vir die eerste keer ’n onderhoud aan ’n joernalis toegestaan het, sê hulle word oorval met versoeke van gemeenskappe om te kom help.  

People Against Gangsterism and Drugs, oftewel Pagad, het sy takke op verskeie plekke oor die land heen weer aan die gang gekry. Die organisasie was jare lank stilweg steeds aktief betrokke by gemeenskappe nadat sy militante styl in die 1990's tot die inhegtenisneming van verskeie van sy leiers gelei het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.