Die DA: Dis Lasarus of lykshuis

HY MMUSI MAAR HY WOU

Die DA: Dis Lasarus of lykshuis

Die DA is op sy knieë, maar darem nie katswink nie en het agttien maande om op die been te kom voor die volgende plaaslike verkiesing. 'n Inspirerende nuwe leierskorps (onder John Steenhuisen?) wat in April verkies gaan word en 'n fundamentele herdefiniëring van die party se visie en aanslag is voorvereistes daarvoor, anders gaan die party vinnig verder kwyn en versplinter, skryf MAX DU PREEZ. Die enigste oorblywende politieke ruimte is vir 'n egte sosiaal-demokratiese party en die DA is steeds die enigste wat dit kan vul.

DIE oppervlakkige en sensasiesoekende ontleding van die hoë drama rondom die bedankings van leier Mmusi Maimane, federale voorsitter Athol Trollip en burgemeester Herman Mashaba is 'n goeie barometer van die patetiese stand van die Suid-Afrikaanse politieke diskoers en die ongesonde heersende politieke kultuur.

Die krisis in die grootste opposisieparty is veel meer veelkantig as die verdeling tussen wit en swart, links en regs, progressief en ou-styl liberaal.

As die DA sy groeikoers oor die laaste dekade met die Mei-verkiesing gehandhaaf het, sou daar dalk geen onmiddellike krisis gewees het nie en sou Maimane nie die meeste skuld vir alles gekry het nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X