Ons duur en disfunksionele distriksmunisipaliteite

FINANSIES IN ’N NEUTEDOP

Ons duur en disfunksionele distriksmunisipaliteite

Terwyl die Suid-Afrikaanse regering sy teikens vir belastinginvordering mis en in die afgrond van ’n krediet-afgradering staar, word jaarliks biljoene aan disfunksionele distriksmunisipaliteite oorbetaal. JACO VISSER het die finansiële state van die land se 44 distriksmunisipaliteite ontleed en vra of hierdie vlak van regering die geld werd is.

DIE nasionale tesourie het in die boekjaar tot einde Junie 2018 meer as R22.1 biljoen aan die land se 44 distriksmunisipaliteite oorbetaal, volgens berekenings gedoen vanaf hul finansiële state. Van hulle het slegs ses skoon oudits van die ouditeur-generaal ontvang.

’n Dieper ontleding van hierdie munisipaliteite se state toon hoe amptenare se vergoeding met R729 miljoen oftewel 9.85% gespring het tussen die 2017- en 2018-boekjare. Inflasie het 4.6% beloop vir die 12 maande tot einde Junie 2018, volgens Statistiek SA se data. Die totale salarisrekening vir die 44 entiteite was R8.13 biljoen.

Distriksmunisipaliteite, wat deur die Grondwet in tandem met plaaslike munisipaliteite geskep is, het oorspronklik hoofsaaklik ten doel gehad om hul plaaslike eweknieë met die grootmaat-verskaffing van dienste by te staan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.