KRIEKET SUID-AFRIKA (KSA) se wondermiddel vir alle kwale, die Mzansi-superliga (MSL) het verlede naweek op ’n beskeie noot afgeskop met al ses franchise-spanne in aksie. Saterdag se kragmeting tussen Durban Heat en die Tshwane Spartans op Kingsmead het egter uitgereën.
In Port Elizabeth die volgende dag het die heersende kampioene, die Jozi Stars, eerste geboul teen die tuisspan, die Nelson Mandela Bay Giants. Die tweede bal van die beurt was ’n volbal buite die bypen deur die Stars se Kagiso Rabada na die Giants se Jason Roy, lid van Engeland se wêreldbeker-wenspan vier maande gelede.
Roy het die bal weggepiets met ’n swierige swaai wat aanvanklik gelyk het na die eerste grenshou van die wedstryd, maar pleks daarvan het hy reg in die hande van die veldwerker op skerpby gespeel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.