Vroue is waaksaam, woedend én steeds onvry

VEILIGHEID

Vroue is waaksaam, woedend én steeds onvry

Ons slaap met wapens, stap met wapens, maar totdat mans op een of ander manier ontwapen word, help dit min, skryf ROZANNE ELS oor vuisvose vroue se halfgeleefde lewens.

SY slaap met ’n bofbalkolf langs haar bed. In ’n stadium het sy met ’n skokstok in die een hand en haar pepersproei in die ander by die straat afgestap. Deesdae loop sy met haar arms oor haar bors gekruis en haar sleutels tussen haar vingers weggesteek; vuis gebal en gereed. Monique Basson (24) lag saggies. “Ek weet nie wat ek dink ek daarmee gaan regkry nie.” 

Sy kan nie onthou wanneer laas sy 100% veilig gevoel het nie, of selfs hoe dit sou voel om nie heeltyd bang te wees nie.

Soos Monique is vroue oor die wêreld heen vasgevang in ’n kultuur van waaksaamheid en vrees. In Suid-Afrika dui die statistieke oor geweld teen vroue en kinders op ’n erge krisis. Hiér word ’n vrou elke drie uur vermoor. Hiér is in die 2017/2018-boekjaar 36,731 seksuele misdrywe teen vroue aangemeld, volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hiér is vroue soos Monique, soos ek, en dalk soos jy, te bang om alleen in ’n taxi  van enige aard te klim, ook Uber – dag of nag. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.