Grondhervorming: ‘Ons kan dié ding saam doen’

GRONDSAKE

Grondhervorming: ‘Ons kan dié ding saam doen’

ANNELIESE BURGESS het 'n vergadering op 'n berg gaan bywoon en teruggekom met 'n ongelooflike verhaal van hoe een plattelandse gemeenskap se toewyding tot grondhervorming letterlik en figuurlik vrugte dra.

DIE vallei lê uitgestrek tot aan die voet van die Skurweberg anderkant Ceres. Glinstergroen boorde, glimmende blou damme (wat vir die eerste keer in jare weer vol is) en massiewe pakhuise soos 'n laslappiekombers aanmekaargeryg.

Van die Warm Bokkeveld onder in die vallei waar sagte vrugte verbou word, ry jy met die kronkelende Gydopas op na die Koue Bokkeveld – 'n asemrowende skyf aarde tussen dramatiese bergpieke. Die snerpend koue winters maak dit perfek vir appels, pere en groente.

Dit is hier, in die hart van Suid-Afrika se vrugtewêreld, waar 'n brawe en grensverskuiwende inisiatief van stapel gestuur is om 'n nuwe generasie swart boere nie net op die grond te kry nie, maar ook om hulle te ondersteun deur vennootskappe met ervare kommersiële boere te smee en hulle deel van die winsgewende uitvoerbedryf te maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.