AANVANKLIK dink ek die passion gap sou die blywendste indruk laat. Maar dan bemerk ek die tronktatoes op die man se gesig en op sy maer voorarms - die Nommerbendes se lidmaatskapsertifikate. Daarná sy twee makkers. Ewebeelde. Vreemd genoeg, die warmgemaakte Citi Golf wat oënskynlik skadeloos in my tuin staan, word skielik die angswekkendste komponent, asof dit die tuig is waarmee Charon my en my kinders hel toe gaan neem.
“Ons hoor Meneer het ’n probleem met Meneer se telefoon,” gryns hy. My seun en dogter (onderskeidelik ses en vier jaar oud) kruip onder my arms in. My dogter steek haar gesig weg en my seun kan ook nie die oë op hom uitstaan nie.
Die gebitgeskende se blik keer terug na my. “Wat sê Meneer daarvan?”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.