Die op- en ondergang van Helen Zille se (im)Bongi

DA-DINGE

Die op- en ondergang van Helen Zille se (im)Bongi

Weinig tevore was die speelveld só gelyk gemaak vir ’n politieke uitverkorene soos vir Bonginkosi Madikizela, maar toe teken hy ’n eie doel aan, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

INDIEN Bonginkosi Madikizela self kon kies, toe hy nog ’n kind was, sou hy eerder op sy sokkertalent wou fokus. Toe sterf sy broer in sy teenwoordigheid. Hy was 13 jaar oud. Wat presies met sy broer gebeur het, is ’n raaisel – en toe ek hom gisteroggend nog daarna vra, was dit tevergeefs, maar dié ervaring was ’n integrale deel van die motivering vir waarom hy later wel by die politiek betrokke geraak het. Dis net dat hy toe nog salig onbewus daarvan was dat hy dié stap later sou neem (of na die politiek aangetrek sou word).

Die belangrikste ding in sy lewe was in daardie stadium die spel van Pelé en Maradona en Jomo Sono. Dit is waaroor hy passievol was. “Ek bedoel, ek het sokker op skool gespeel en die meeste van my maats en onderwysers het geglo ek sal ’n professionele sokkerspeler word,” sê hy in ’n video op die Wes-Kaapse regering se webwerf, waarin hy gevra word om meer oor homself te vertel.

Maar toe bevind hy homself uiteindelik tog in die politiek en nou dien hy reeds vir ’n derde termyn in die provinsiale kabinet. Miskien is die politiek dan ’n roeping, mymer hy. Die Woord het egter ook ’n verklaring hiervoor, glo hy, soos hy in die video sê: “Man proposes, but God disposes.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.