DIT gee die mense nuwe hoop dat ons tog met mekaar kan saamleef, het talle mense gesê wat Wilhelm Verwoerd geluk gewens het dat hy as ANC-lid op ’n ANC-vergadering in Parow opgetree het. Atleetskraal en met ’n profiel wat sterk aan sy oupa herinner, is hy nog effe verbluf oor die opslae wat sy bewoë bydrae tot die ANC se eerste aanslag op tradisievaste Afrikanergebied gemaak het. Dit was ’n simboliese vergadering, sê hy, en hy was as simbool daar. Dit besef hy. Want as gewone lid van die ANC, sonder mandaat van enige organisasie om hulle te verteenwoordig, was dit sy familienaam wat gemaak het dat die mense van Hanoverpark en Ravensmead hom gevra het om te praat.
En die vrae en debatte wat sy deelname tot gevolg gehad het, is presies wat hy graag as filosoof (hy is filosofie-lektor aan die Universiteit Stellenbosch) wil bevorder. Dat mense wegbreek uit ou identiteitslyne getrek deur taal, skool en kerk en ’n slag krities vra waaroor Afrikanerskap, geregtigheid, demokrasie en sulke dinge gaan. Ook dat mense betrokke raak, verantwoordelikheid aanvaar vir hul burgerskap. Meedoen, eerder as net terugsit en vat wat die leiers opdiep.
Wegbreek van ‘Afrikanerwaardes’..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.