Politieke Notaboek | Wenzeni uZuma? Wenzeni uTrump?

IN DIE NUUS

Politieke Notaboek | Wenzeni uZuma? Wenzeni uTrump?

Die MAGA-malletjies en ons eie RET-malletjies het veel gemeen, skryf MAX DU PREEZ. En dit lyk asof Ramaphosa tog met ’n glimlag van Phala Phala af gaan wegstap.

EK hoop die sensasionele klopjag op oudpres. Donald Trump se huis in Mar-a-Lago bring aan Suid-Afrikaners en die wêreld ’n besef van hoe riskant en saakmakend dit was dat Suid-Afrika sy eie oudpresident, Jacob Zuma, nie net aangekla het nie, maar sommer tronk toe gestuur het.

By ons het dit tot ’n amperse insurreksie en grootskeepse anargie gelei. As ek na die regses en die Republikeine in Amerika luister, gaan die klopjag daar ook tot destabiliserende optredes lei. “Bring on another January 6!” is klaar ’n slagkreet op sosiale media.

(Ek wou al aan diesulkes voorstel dat hulle ’n slogan by die singende Zuma-kliek moet leen: wenzeni uZuma (wat het Zuma verkeerd gedoen?) kan mos lekker wenzeni uTrump word?)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.