Gaan Marikana toe, Cyril, die weduwees verdien dit

MORSIG EN BLOEDIG

Gaan Marikana toe, Cyril, die weduwees verdien dit

Heelwat Suid-Afrikaners steur hulle nie veel aan stories oor die Slagting van Marikana presies 10 jaar gelede nie, want dit het ’n politieke speelbal vir mense soos die EFF se Julius Malema en die vakbond Amcu se Joseph Mathunjwa geword om Cyril Ramaphosa en die vryemarkstelsel by te kom. Van die stakende mynwerkers was boonop self moorddadig. Dalk, skryf MAX DU PREEZ, moet ons verby die politiekery en eerder na die mense kyk wat deur die slagting geraak is.

“DIT raak nou morsig, te gewelddadig,” het die Marikana-mynwerker Mgcineni Noki op 14 Augustus 2012 per selfoon aan sy vrou, Mathapelo, ook bekend as Veronica, gesê.

Vyfuur die oggend van die 16de het hy haar weer gebel en gesê sy selfoon gaan deur die dag af wees, want hulle gaan na die koppie toe en dáár is nie ’n sein nie. “Ek is lief vir jou; jy is die enigste vrou in die wêreld vir my. Kyk na ons kind en na jouself,” het hy volgens Mathapelo gesê.* Hulle dogtertjie, Asive, was toe twee jaar oud.

Sy het haar man gesmeek om Marikana te verlaat, maar hy was vasberade: “Die werkers kry te min geld. Ons kan nie so aanhou leef nie. Ons moet dié keer deurdruk. NUM [National Union of Mineworkers] verkoop ons uit.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.