DIE voorval het volgens genl.maj. Sandile Hlongwa, bevelvoerende generaal van die Suid-Afrikaanse Weermag se gesamentlike operasiehoofkwartier in Pretoria, in November verlede jaar gebeur.
Eie bronne in Mosambiek het aan Vrye Weekblad gesê dit het plaasgevind op 29 November ná ’n aanval op die Abu Faisel-basis van die ekstremistiese insurgente by Nkomga, Nangade. Die soldate in die video is almal spesmagte van Botswana en Suid-Afrika wat deel is van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se missie in Mosambiek (Samim). Die Suid-Afrikaanse operateur, wat duidelik identifiseerbaar is vanweë sy uniform se kamoefleerpatroon en die landsvlag op die boarm, neem met sy selfoon die verbranding af.
Nog iemand met ’n selfoon het die video wat nou versprei word, geneem. Die video het om onbekende redes eers vandeesweek in militêre kletsgroepe op sosiale media in Suid-Afrika die rondte begin doen...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.