Ons inhoud via RSS

Gebruik die RSS-funksie hieronder om by te bly met die nuutste Vrye Weekblad-artikels

Wat is RSS?

RSS – oftewel Rich Site Summary, ook bekend as Really Simple Syndication – is 'n gestandardiseerde manier om outomatiese lyste van nuwe webblad-inhoud te ontvang, soos die artikels op Vrye Weekblad. So 'n RSS-lys bevat tipies 'n deel van die teks van 'n artikel, of die hele artikel, sowel as ekstra inligting soos die opskrif en outeur se naam.

Uitgewers kan dus RSS-lyste gebruik om hulle inhoud te versprei aangesien die formaat gelees kan word deur verskillende rekenaars en sagteware. Sommige lesers gebruik die lyste om inhoud te monitor op hulle gunsteling-webblaaie of om inhoud van verskeie webblaaie af saam te stel.