Jan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.
MERKWAARDIGE GEDRAG VIR KLEIN BREINE
Homo naledi: Wie is dié vreemde sterkinders?
Opspraakwekkende onthullings oor die Homo naledi-fossiele in die Wieg van die Mens het implikasies vir die klassieke teorie oor die evolusionêre ontwikkeling van die mens, skryf JAN HORN.
Deel
“THEY are non-human,” verklaar die paleo-antropoloog Lee Berger onomwonde van die nuutste, opspraakwekkende ontdekkings van die fossielbegraafplaas van Homo naledi in die Rising Star-grotstelsel in die Wieg van die Mens. Hoe vertaal ek non-human? Nie-mense, nie-menslik? So wat is dan menslik? En wie, en wat, was die vreemde Homo naledi?
Ons definieer ons menswees aan ons DNS-kodes, en deel 99,5% van die DNS met die uitgestorwe Neanderdallers. Moderne anatomiese mense en Neanderdallers kon geslagsomgang hê. Die oorblyfsels van hulle DNS vind ons in Europeërs se gene. Nou kom Lee Berger en sê die nuutste navorsing van die enigmatiese Homo naledi wys daarop dat hulle nie-menslik is.
In 2008, net ná Berger se kontroversiële ontdekking van Homo sediba, het ek saam met hom oor die grasheuwels van de Wieg van die Mens gestap. Lee was so opgewonde soos ’n klein seuntjie met verjaarsdagpresente. Hy het vertel hoe sattelietfotografie, lasertegnologie en terreinradar ingespan word om nuwe paleontologiese terreine uit te wys...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Berger vind nóg ’n skatkis van fossiele
Die storie van SA paleotoerisme se biljoenêr
Die storie van die kind in die donker grot
Is SA tog die geboorteplek van die mens?
Britse verneukery in die soeke na die oorsprong van die mens
Deel
-
Deel
Jan Horn
SkrywerJan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.